Familie (verwantskap)

'n Familie van ouers en drie kinders
'n Uitgebreide kleurlingfamilie van Suid-Afrika

Die Familie is 'n groep persone waarmee mens direk of indirek deur middel van een of meer ouer-kind-verhouding verbind is. Verwantskap berus in beginsel op biologiese verhoudings tussen individue en groepe. Dit is egter meer as 'n netwerk van genetiese verhoudings tussen mense, dit is hoofsaaklik 'n kulturele en nie 'n biologiese verskynsel nie. Die kultuur waaruit ons begrip van familie ontstaan het, stam van die Romeinse tydperk af.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search